Share this article
[addtoany]
Chris van Niekerk is ‘n ou bekende onder baie Suid-Afrikaanse skuts.
Hy het in die Kalahari grootgeword en was ’n diepsee duiker vir 36 jaar. Sy st. 5 skool rekord vir 25 meter .22 staan vandag nog. Sy eerste kompeterende skiet dissipline was handwapen (combat), waarna bench rest gevolg het en vanaf 2000 skiet hy F-klas. Chris jag sy lewe lank met beide handwapen en jaggeweer. Hy het drie maal nasionale kleure verower vir bench rest en ook drie maal vir F-klas. Hy het internasionaal meegeding in die VSA, Swede, Kanada , Brittanje en Nieu-Zeeland. Chris is nou afgetree, skiet kompeterend vir die lekker en lewe vir C & C Shooting Supplies, sy besigheid wat spesialis vuurwapen take verrig en verskaf.
Chris van Niekerk sê die volgende oor Bushill RSA se Gunsmithy Traditional Gun Cleaner:
“Toe ek die eerste maal Gunsmithy se “Traditional Cleaner” gebruik om my F klas geweer skoon te maak, was ek baie verbaas met die gemak waarmee hierdie Suid-Afrikaanse produk sy werk doen.
’n Dag op die skietbaan in ’n F klas kompetisie word ’n lang dag, tussen 50 na 60 skote word geskiet en daarby “ moly coat” ek my koeëls, dit het die Gunsmithy Traditional Gun Cleaner nie geïntimideer nie. Op die baan het ek ’n lappie met Gunsmithy Traditional Gun Cleaner deur die loop gestoot en die volgende oggend die proses herhaal met nog 3 tot 4 lappies met Gunsmithy Traditional Gun Cleaner, gevolg deur ’n paar droë lappies.
Ek gebruik ’n “bore scope” om ’n geweerloop te inspekteer na dit skoongemaak is, dit neem die raaiwerk uit die proses, deur die “bore scope” kon ek sien hoe deeglik Gunsmithy Traditional Gun Cleaner se werking was. Die geweerloop was skoon, sonder enige tekens van “moly” of koper.
Bushill RSA se Gunsmithy Traditional Gun Cleaner vergelyk met die beste skoonmaakmiddels uit Amerika. Ek gebruik dit op al my jaggewere en beveel dit aan vir al my kliënte.”